Chantel Muller
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Persoonlike Assistent
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
As `n plattelandse nooi wat streef daarna om elke dag `n beter mens te wees, `n mens wat ander kan laat lag, en die mooi van die lewe te sien. Die mooi in elke mens om my. Om elke dag te kies om dit `n goeie een te maak, is dit `n geleentheid om vrou wees te vier met al die kinkels en draai van die lewe. Dis die hoop op nuwe deure wat sal oopgaan, en om net ten volle die gewone "plain jane" met `n glinster in die vensters van my siel te kan uitleef.
Dis vir my `n geleentheid om in nederigheid as die Prinses van die Koninkryk op te staan as voorbeeld van Genade. Om net my innerlike vreugde en vrede te kan uitstraal na die harde klappe van die verlede.
Soms vat God ons op `n avontuur wat ons nie eens geweet het ons nodig het om jou te bring by die plek om jou alles te gee wat jy nog ooit wou gehad het. Ek vertrou Sy plan, want ek weet dis vol Genade, gevul met Geloof, Hoop, en Liefde.
Ek sien uit na wat die hoofstuk vir my inhou.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Flambojant
3 woorde wat jou goed opsom:
Deftig, Spontaan, Sjarmant