Chánte Grobler
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
BEd student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die SARIE Voorbladgesig-kompetisie omdat dit vir my meer beteken as net ’n kompetisie – dit voel vir my soos ’n persoonlike stap van groei, selfvertroue en selfaanvaarding. My ma het my al vir ’n paar jaar aangemoedig om in te skryf, maar ek het nooit regtig die selfvertroue gehad nie. Vir lank het ek gevoel ek meet nie op teen die skoonheidstandaarde wat sosiale media en die samelewing dikwels skep nie.
Ek lees al vir baie jare SARIE, en een van die dinge wat ek nog altyd waardeer het, is hoe die tydskrif vrouens laat voel – sterk, bemagtig en genoeg soos hulle is. Ek bewonder hoe SARIE vrouens vier in al hul uniekheid en wys dat ware skoonheid nie net een vorm of voorkoms het nie. Dit is iets waarmee ek myself baie vereenselwig. Soos ek ouer geword het, het ek begin besef dat ware skoonheid nie beteken om soos iemand anders te lyk of aan ’n sekere ideaal te voldoen nie. Elke mens is uniek geskape, en skoonheid lê werklik in die oog van die aanskouer. Ek glo dat ’n mens op hul mooiste is wanneer hulle hulself aanvaar, hul uniekheid omarm en gemaklik raak met wie hulle is. Ek dink ook dit is jammer hoe maklik vrouens hulself met mekaar vergelyk, terwyl ons mekaar eerder behoort te ondersteun en mekaar se uniekheid te vier. Vir my lê ware skoonheid nie net in voorkoms nie, maar ook in ’n mens se hart, karakter en hoe jy ander laat voel.
Om vir hierdie kompetisie in te skryf, voel vir my soos ’n manier om myself ten volle te aanvaar, dankbaar te wees vir hoe God my gemaak het, en om te wys dat skoonheid in baie vorme kom. Hierdie is my manier om met meer selfvertroue te sê: dít is ek – eg, uniek, en genoeg nes ek is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Fluweel
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Deernisvol, Veerkragtig
