Chanté Botha

Dorp/Stad waar jy woon:

Oudtshoorn

Beroep:

Regsekretaresse

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

“Jy moet inskryf vir SARIE Voorbladgesig 2026.” – woorde wat een van my kollegas vir my gesê het.

My eerste gedagte was onmiddellik: Nee…. ek kan nie dit doen nie. Om iets soos die te doen is heeltemal buite my gemaksone. Ek het dieper gaan kyk. Nie net na SARIE nie, na myself.
SARIE embody vir my styl, sagtheid, "real & raw", warmte & huis. Styl gaan vir my nie net oor mode nie, maar ook oor hoe jy jouself uitdruk sonder om ’n woord te sê, elke vrou op haar eie unieke manier.

Ek het met sagte oë na myself begin kyk, soos ek nog altyd na almal anders kyk. Ek het besef hoe belangrik dit vir my is om mense altyd in ’n beter toestand te los as wat ek hulle ontvang het. Om vrouwees uit te beeld as sterk én sag. Gedrewe, maar steeds vol warmte. Ek glo dat daar iets besonders is aan vrouwees wat mense veilig en gesien laat voel. Iets besonders aan egtheid.

Jy hoef nie die hardste stem in die vertrek te wees om raakgesien te word nie. Daar is krag in sagtheid, in teenwoordigheid.

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig om myself & elke vrou wat haarself al kleiner gemaak het te wys dat jy spasie mág opneem. Soms vergeet ons wie ons is en verloor ons selfvertroue langs die pad. Elke vrou verdien om weer in haarself te glo.

As ek net een dogtertjie, jong dame, mamma of ouma weer in haarself kan laat glo, is my hart vol.

Nee, hierdie is my eerste inskrywing.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Geliefkoosde

3 woorde wat jou goed opsom:

Saggeaard, Grasieus, Innemend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media