Chanté Bergstedt
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
Studeer (BEd Foundation Phase)
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf myself in vir die SARIE Voorbladgesig, want, of dit nou modelwerk of fotosessiemodelwerk is, ek het nog altyd ń passie vir dit gehad. Dit was en is nog altyd ń droom van my om deel te wees van ń model-agentskap, maar ek het nooit die moed opgebou om daardie droom te bewaarheid nie. Ek het hierdie jaar vir myself n “bucket list” gemaak van al die dinge wat ek graag wil doen wat ek te bang was om te doen. So hierdie jaar het ek myself belowe om myself meer daar te stel as dit kom by goed wat ek passievol oor is. Ek sal ook graag hierdie geleentheid geniet om ń inspirasie te wees vir diegene wat daardie ekstra motivering of moed nodig het om iets te doen wat hulle nog altyd wou doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Asemrowend
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Ambisieus, Vriendelik