Carryn-Ann Nel
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
Nuusleser en joernalis
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Die lewe is kort, en partykeer moet ons die dinge doen waarvan ons nog altyd gedroom het. Ek is dalk nie iemand wat elke dag in hoë hakkies rondloop of onderklere dra wat pas nie of altyd voel ek weet presies wat ek doen nie, maar een ding waarvan ek seker is, is dat ek altyd entoesiasties is oor die lewe en dit geniet om myself te wees.
My tienerjare was moeilik omdat ek myself konstant vergelyk het met ander. Dit het my jare gevat om myself regtig te aanvaar net soos ek is. Dalk is hierdie my 'n kans om ander vroue ook te bereik en te wys dat dit nie altyd gaan oor "maer en mooi" wees nie, maar eerder daaroor om jouself te embrace, jouself lief te hê en jouself te vier, presies soos jy is.
Ek hou daarvan om myself uit te daag. Soms net vir die pret, maar soms ook om myself te bewys dat ek meer kan doen as wat ek dink. Ek glo baie sterk daarin dat mens nie net oor dinge moet droom nie, maar dit ook moet aanpak en doen.
Dis my eerste keer wat ek inskryf en ja, soms voel ek soos ’n "late bloomer" maar dis ook heeltemal okay.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Poenankies. Aitsa. Grillerig. Desnieteenstaande. (Ek kan ook duidelik nie tel nie.)
3 woorde wat jou goed opsom:
Outentiek, Nuuskierig, Veerkragtig
