Carlien van Rensburg
Dorp/Stad waar jy woon:
Seepunt
Beroep:
Estetiese dokter
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het in 2022 ingeskryf en die top 5 gehaal; ’n ervaring wat my bygebly het en my aangemoedig het om weer deel te neem. Die afgelope vier jaar het my lewe op ’n besonderse manier verander: ons het na ’n nuwe stad verhuis, ek het deelgeneem aan Mev Suid-Afrika en Top10 gehaal, ek het ’n nuwe loopbaanpad begin, en ek het ’n mamma geword. Hierdie seisoen van my lewe het my gevorm, my laat groei en my perspektief verdiep. Ek is iemand wat voortdurend streef na groei en nuwe geleenthede, en ek glo hierdie platform is ’n besonderse kans om dit verder uit te leef.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
fantasties
3 woorde wat jou goed opsom:
Lewenslustig, Vasberade, Doelgerig
