Carli van Rooyen

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

Eiendomsagent & Grimeerkunstenaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie is ‘n tydskrif waarmee ek groot geword het. As klein dogtertjie was dit een van my hoogtepunte om Sondae middae saam met my Ma deur die glansbladsye te blaai. My ma se grootste droom was dat ek inskryf vir Sarie se voorbladgesig.

My ma het skielik siek geword en was gediagnoseer met kanker – binne twee maande het sy doof en blind geword. 19 maande terug net voordat sy haar engel vlerke gekry het, het sy my gesê: “Sussie asseblief skryf in”. My inskrywing is baie persoonlik. Ek het 'n behoefte om my storie te deel met ander vrouens en met my getuienis hoop en krag te gee waar hulle deur dieselfde seer gaan.

Ek is ‘n vrou wat lief is vir wie en wat ek is. Ek is lojaal, sterk en onvoorwaardelik lief vir my mense. Ek omhels elke fase van my lewe, sproeitjies, plooie en onsekerheid – dit is vrouwees. Elke patroon van my vrouwees vertel ‘n storie van liefde, kwesbaarheid en leed.

Vandag wanneer ek na my mooiste moederhart verlang, is Sarie daar om my trane af te vee en my hand vas te hou met inspirasie, advies en wenke soos my Mamma. Dankie Sarie dat jy vir my ‘n veilige hawe is, soos wat my Mamma se huis was.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Vonkelwyn

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Liefdevol, Vooruitstrewend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media