Carla Kruger

Dorp/Stad waar jy woon:

Polokwane

Beroep:

Eienaar van bemarkingsagentskap.

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo elke vrou het ’n unieke storie, styl en energie wat verdien om gesien te word. Ek is amper 25, maar voel steeds 21, vol drome, avontuur en lus vir die lewe. Ek wil wys dat selfvertroue, vroulikheid en egtheid die mooiste eienskappe is wat ’n mens kan dra.

SARIE was nog altyd vir my ’n inspirasie van moderne, sterk en stylvolle vroue, en dit sal vir my ongelooflik spesiaal wees om deel daarvan te wees. Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar hierdie jaar voel dit reg om uit my gemaksone te klim en net daarvoor te gaan.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Karmosyn

3 woorde wat jou goed opsom:

Sterk, Impulsief, Lewendig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media