Carissa Viljoen

Dorp/Stad waar jy woon:

Porterville

Beroep:

Digitale Bemarker

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Nee, ek het nog nie voorheen ingeskryf nie dit is my eerste keer.

Ek wil vir die Sarie-voorbladgesig inskryf omdat 2026 vir my die jaar is waarin ek doelbewus uit my gemaksones tree. Ek het besef dat groei nie gebeur waar dit veilig en bekend is nie, maar juis daar waar mens bietjie bang is om te probeer.

Hierdie inskrywing gaan nie net vir my oor die moontlikheid om te wen nie, maar oor die proses; om myself uit te daag, om nuwe dinge aan te pak en die selfvertroue te bou om meer kanse in die lewe te vat. Ek het op hierdie punt besef ek het niks om te verloor nie, maar soveel om te wen deur net hierdie sprong te neem.

Ek wil myself bewys dat ek dapper genoeg is om geleenthede aan te gryp, selfs al is dit buite my gemaksone. Hierdie is my manier om vir myself te wys: "Hoekom nie èk nie?".

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Verruklik

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Liefdevol, Vriendelik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media