Cara Vosloo

Dorp/Stad waar jy woon:

Somerset Wes

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek het, net soos Sarie, nie brieke nie! Tipies tiener, hou ek van mode, skoonheid, mense en pret. Ek brand van nuuskierigheid om 'n blik agter die skerms en kamera te kry, en deel te wees van die proses om hierdie puik tydskrif op die rak te kry. My persoonlikheid borrel oor na die lens toe- energiek, sprankelend en lewendig. As voorbladgesig wil ek nie net mooi lyk nie, ek wil alles uitstraal wat Sarie vir haar lesers bied: egtheid, energie en inspirasie in 'n moderne wêreld.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

skitter

3 woorde wat jou goed opsom:

borrelend, entoesiasties, toegewyd

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media