Bianca Appelgryn

Dorp/Stad waar jy woon:

Brackenfell, Kaapstad

Beroep:

Fotograaf

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Vir jare het mense vir my gese om die kans te waag om in te skryf, maar so veel as wat ek 'n ekstrovert is, is ek ook 'n introvert.

Die laaste 14 maande was 'n jaar van baie groot lewens transformasie vir my. 'n Pad waar ek moes leer die dieper betekenis van vrou, mamma en huweliksmaat wees. Ek moes leer om myself weer eerste te plaas, op my gesondheid, geestestoestand en liggaam te fokus. Om die beste weergawe wat ek vir my gesin en vir myself kan wees, te word.

Nie net het ek -40kg verloor, maar my oë het oopgegaan vir hoeveel vrouens daar buite hul self so afskeep in hierdie lewe, terwyl hulle 'n diep hinker het na verandering. Dat mamma, beroepsvrou of selfs 'n huweliksmaat wees partykeer sy tol eis, en met lewe wat so 'n konstante gejaag is, ons soms ons self heeltemal in die proses verloor.

In my beroep as fotograaf, is dit deel van my allerdaags om altyd 'n vrou op haar mooiste te probeer vasvang. Maar, met dit het ek ook geleer dat ons almal maar dieselfde onsekerhede het. Dat ons baie neerkyk op ons self.

Ek hoop om vir ander te wys dat jy wel saak maak. Dat jou verlede of hede nie jou toekoms hoef te wees nie. Dat jy van voor af kan begin. Dat daar HOOP is, dat jy 'n kans verdien om gelukkig te wees. Om agter jou drome na te jaag, en om jouself ook eerste te plaas. Die lewe en sy uitdagings is vol seisoene, maar net soos seisoene, gaan hulle ook verby.

Die laaste jaar moes ek groei soos nog nooit van tevore in my persoonlike asook beroeps lewe. Ek moes 'n intieme verhouding met die Here stap, en leer wat dit is om werklik op Sy woord te vertrou, en op Sy roeping oor my lewe. En vandag kan ek sit en kyk hoe Sy woorde tot waarheid gekom het, en hoe Sy seën steeds op my lewe rus wanneer ek in gehoorsaamheid met Hom stap.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Liefde

3 woorde wat jou goed opsom:

Jesus-Liefhebber, Geseënd, Getuienis

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media