Bernice Meintjes

Dorp/Stad waar jy woon:

Secunda

Beroep:

Finansiele administrateur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is uiters passievol oor vrouwees en skoonheid. Ek glo elke vrou dra iets besonders in haar – en dit is vir my ‘n vreugde om daardie innerlike én uiterlike mooi raak te sien en na vore te bring. Grimering is een van my maniere om ander te help om hulself opnuut te sien en selfvertroue te bou – daar is niks so mooi soos iemand wat mooi voel nie!

Ek het self ’n groot transformasie ondergaan deur byna 45 kg oor 18 maande af te skud, en ek het dit met trots al vir meer as 3 jaar af gehou. Hierdie reis het my nie net fisies sterker gemaak nie, maar my ook geleer dat alles moontlik is met geloof, deursettingsvermoë en ’n positiewe ingesteldheid.

Ek is ’n trotse vrou, mamma, sussie en dogter – en in alles wat ek aanpak, gee ek my hart en siel. Ek probeer altyd die positiewe raak sien in elke situasie en leef met entoesiasme, liefde en passie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

LEKKER!

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Snaaks, Selfversekerd

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media