Belinda Noades

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Stylkonsultant en Klerekas Beplanner

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Om deel te neem voel vir my soos ’n viering van vrouwees in al sy vorme. SARIE is vir my sinoniem met vrouwees, en daarom voel dit vir my ’n groot voorreg om deel te wees van iets wat al vir soveel jare vroue in Suid-Afrika inspireer.
Julle kry dit altyd reg om vroue aan te moedig om voluit te leef en elke rol met moed en grasie aan te pak, of dit nou ma-wees, besigheid, drome of die alledaagse lewe is.
My besluit om in te skryf het spontaan gekom. Ek het ’n plasing op Instagram gesien en besluit om dit net te doen, want ek glo dat ’n mens nooit te oud is om ’n nuwe uitdaging aan te pak of ’n droom na te jaag nie.
Dit is ook my eerste keer wat ek inskryf, en dit voel vir my of die tyd nou reg is.
Een van my grootste passies is om vroue te help om die beste weergawe van hulself te ontdek deur kleur- en figuuranalise, asook klerekasbeplanning. Dit is vir my ongelooflik spesiaal om te sien hoe vroue verander wanneer hulle hulself op ’n nuwe manier sien en aanvaar. Deur slimmer en meer doelgerig te koop, vind hulle nuwe selfvertroue wat nie net uiterlik sigbaar is nie, maar ook innerlik.
Mag ek deur hierdie inskrywing ook ’n inspirasie wees vir my dogters, my ma, my suster, my kliënte en vir elke vrou daar buite wat dalk nog wonder of sy goed genoeg is om haar drome na te jaag.
Kom ons vier mekaar, ondersteun mekaar en gee erkenning aan al die wonderlike, inspirerende vroue wat elke dag stilweg hul beste gee.
En dankie, SARIE, vir die positiewe invloed wat julle al vir soveel jare in my eie lewe saai.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

My gunsteling woord in Afrikaans is “bekoorlik”. Dit dra vir my iets van sagtheid, elegansie en ’n gevoel van tydlose skoonheid.

3 woorde wat jou goed opsom:

Vriendelik, Eerlik, Betroubaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media