Beatrix Hardick

Dorp/Stad waar jy woon:

Knysna

Beroep:

Onderwyseres

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het die Sarie op Netwerk 24 gelees en toe die kompitisie gesien. Dis nie iets wat ek al ooit voorheen oorweeg het nie. Iets het net vir my gese dat ek 'n kans moet vat. Nadat ek dit begin oorweeg het, het die twyvel gedagtes begin. Dinge soos: Ek gaan skaam kry as ek nie gekies word nie OF ek gaan skaam kry as ek as 'n finalis gekies word en die publiek sien my foto. Net nou dink hulle ek dink baie van myself. Dalk is ek nie mooi, maer en goed genoeg nie ens. Ek is 'n mamma van twee seuns. Ek het plooie op my gesig. Of soos ek hulle noem – laglyne, hehehehehehe.
Ek het net daar en dan hierdie gedagte proses gestop.
Ek glo nie in vrees of die vrees van iets wat dalk mag gebeur nie. Ek hou van uitdagings en om dinge te doen wat ek nog nooit van te vore gedoen het nie – soos om in te skryf vir 'n voorblad kompitisie. Dit is soms goed om uit jou gemak zone te tree. Meeste leerprosesse vind daar plaas.
Ek was al voorheen op die Rooi Rose se voorbald vir hulle Valentyns uitgawe. Ek sal nooit die dag van die fotosessie vergeet nie. Bygese, dit was seker amper 20 jaar gelede.
Ek sien myself nie net as 'n gesig nie, maar ook as iemand wat dien as 'n inspirasie vir ander vrouens. Henry Ford het gese: Whether you think you can or think you can't, you're right.
Ek dink ek kan!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Spookasem

3 woorde wat jou goed opsom:

Kreatief, Dinamies, Hardwerkend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media