Ansie Fourie

Dorp/Stad waar jy woon:

Ficksburg

Beroep:

Afgetrede Maatskaplike werkster/Motiverings spreker

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sy is 'n insperasie vir ons jonger generasie, sy oefen elke dag, van stap tot Pilatus. " 'n Koei wat gaan le" is haar inspirasie praatjie, te midde van bankrotskap in hulle boerdery, het sy planne beraam en 'n rok uit Black Label blikke gemaak vir haar een dogter se matriekafskeid. Kreatiewe oorlewings meganismes. Sy het geleer sweis, die BLIKPLEK, kunswinkel was haar brein kind saam 'n vennoot. Bou self 'n SHACK HUIS uit weggooi vensters, deure, sinkplate. Hulle woonhuis in die dorp Ficksburg. Verskeie artikels is oor haar geskryf, tot haar kreatiewe opstaan vermoe. En selfs op 76 ry sy nog deur die land en op 'n humoristiese wyse motiveer sy mense. Opgeleide lag terrapeut en humoristiese yster hoede, maak dit 'n motivering met 'n kinkel. Sy het verskeie toekennings gekry as welwillendheids persoon van Ficksburg, as vrou in eie reg toekenning en maatskaplike werkster van die jaar. Of sy by Nampo moet gaan werk, of tee skink by die kerk, of na fancy dress partytjies gaan, daar gaan haar HOELA saam, sy kan nogsteeds HOELA, so dat die koppe draai. Sy HOELA en HEKEL gelyktydig in die strate van Parys FS om fleur aan die dag te gee. Sy is 'n Ma van 4 kinders, 1 seun, 1 dogter en 2ling dogters en 'n Ouma van 7 kleinkinders. Getroud met 1 man al vir 51jaar.
HAAR LEUSE NOGSTEEDS OP 76: STAND UP, DRESS UP, SHOW UP AND NEVER GIVE UP!!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Slaggat/Kwinkslag

3 woorde wat jou goed opsom:

Kreatief, Energiek, Vrolik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media