Anria Mason
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in, omdat ek glo skoonheid is nie iets wat gemeet word nie – dit is iets wat gevoel word. Die wêreld stel dikwels 'n prentjie van volmaaktheid voor, maar ek glo dat dit in die skeurtjies en eenvoud is waar die ware mooi lê. Ek wil nie net 'n mooi gesig in 'n tydskrif wees nie – ek wil 'n stem wees wat sê: jy is genoeg, net soos jy is. Natuurlike skoonheid is nie iets wat jy aanleer nie, dis iets wat jy ontdek! Ek het 'n groot passie vir mode en fotografie, en droom daarvan om in modebemarking te werk. Hierdie kompetisie is vir my 'n manier om nie net my liefde vir styl uit te leef nie, maar ook om vroeg waardevolle ervaring op te doen in 'n wêreld waarvoor ek werklik lief is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sprankel – dit herinner my daaraan dat 'n mens nie altyd die hardste stem of die grootste indruk hoef te maak nie, soms is dit die liggie in jou oë, die opregtheid in jou hart en die manier waarop jy ander laat voel, wat die wêreld 'n bietjie ligter maak. Sprankel is vir my daardie stille selfvertroue en vreugde wat van binne af kom.
3 woorde wat jou goed opsom:
vreugdevol, kreatief, saggeaard