Anri du Toit
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Model
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die SARIE Voorbladgesig-kompetisie omdat dit ’n nuwe geleentheid is wat voor my lê om aan die groep bekendgestel te word. Van jongs af het ek altyd daarvan gehou om voor my pa se kamera te wees — selfs vroegoggend wanneer my hare nog woes staan, my ogies nog vol slaap is en my mondjie reg is om te glimlag. Voor die kamera het ek sommer op die ingewing van die oomblik verskillende pose en style probeer, gewoonlik dié wat mense laat lag het.
My droom as klein dogtertjie was nog altyd om eendag ’n model te word — ’n droom wat ek gelukkig reeds kon bereik. Ek droom daarvan om vir groter agentskappe en handelsmerke te model, omdat ek ’n groot liefde vir mode en klere het. Met hierdie geleentheid wat nou voor my lê, het ek die moontlikheid om my droom verder te vervul, raakgesien te word en my loopbaan in die modelbedryf uit te brei.
Dit is beslis die eerste keer dat ek inskryf, maar ek sien ongelooflik uit na die ervaring en die nuwe geleenthede wat dit kan bring.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
My gunstelingwoord in Afrikaans is definitief die woord ‘pantoffels’. Die woord laat my dink aan ’n snoesige atmosfeer en gee my die gevoel van gemak. Ek is ’n persoon wat van teksture hou, en daarom gee die woord ‘pantoffels’ vir my die idee van ’n wollerige en sagte gevoel.
3 woorde wat jou goed opsom:
Energiek, Lojaal, Grapjas
