Annette Grobler
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
Mode Aankoper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Toe ek op agttien Kaapstad toe getrek het om met my studies te begin, het ek myself skielik in ’n groot, onbekende wêreld bevind. Die stad het oorweldigend gevoel vir ’n jong meisie uit die Boland.
My liewe ma het toe besluit om vir my n Sarie in die pos te stuur– en van die eerste bladsy af het ek weer tuis gevoel. Om in my eie taal te lees van ander Afrikaanse vroue se lewens, drome en uitdagings, was nie net vertroostend nie, maar ook ongelooflik inspirerend.
Dit het my laat besef hoe diep Sarie ons as vroue verbind – op maniere wat ons dalk eers raaksien wanneer ons dit die nodigste het. Daarom wil ek graag inskryf: om vir ander vroue met drome te wys dat ’n gewone meisie van die Paarl ook ’n sprankelende toekoms kan hê, haar drome met oorgawe kan najaag, en ander daarmee kan inspireer om dieselfde te doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Pantoffel
3 woorde wat jou goed opsom:
Borrelend, Kreatief, Hardwerkend