Annemé van Zyl

Dorp/Stad waar jy woon:

Somerset Wes

Beroep:

Dokter (GP)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vir SARIE Voorbladgesig in omdat ek van kleins af die pragtige vroue op SARIE se voorblad bewonder het. Dit was nog altyd 'n droom om self daardie plek in te neem – nie net oor die glans nie, maar oor wat dit simboliseer: krag, styl en eiewaarde. Ek sien nie myself as "model mooi" nie en het geen illusies oor wat 'n voorbladgesig alles vereis nie. Maar ek is 'n mamma van twee pragtige dogters en ek wil vir hulle wys dat moed belangriker is as perfieksie; iets waarmee ek selfs as 'n volwassene soms sukkel. Ek glo vas aan die woorde: Wie nie waag nie, wen nie. So hoekom nie?

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Skirminkel

3 woorde wat jou goed opsom:

Vriendelik, Verantwoordelik, Opreg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media