Annemarie Roetz

Dorp/Stad waar jy woon:

Walvisbaai, Namibia

Beroep:

Mamma en skrywer

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie is vir my ’n ongelooflike tydskrif wat vroue se identiteit so mooi uitstraal – dit sal ’n voorreg wees om deel te wees van so iets. Dit was nog altyd ’n begeerte van my om op ’n tydskrif se voorblad te wees. In 2012, toe ek as dramastudent in Suid-Afrika gestudeer het, was ek in Sports Illustrated South Africa 2012 se Top 15, en het toe ook in die tydskrif verskyn.

Maar dit was jare terug. Ek was nog ’n "dogtertjie" daardie tyd. Nou is ek ’n vrou – een wat baie gegroei het in haarself, met meer wysheid, en wat met ’n nuwe perspektief oor die lewe dink.

Dit sal heerlik wees om vir ’n rukkie terug te keer na die modewêreld – as die nuwe vrou wat ek vandag is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

inderdaad

3 woorde wat jou goed opsom:

Eerlik, Spontaan, Elegant

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media