Annelize Blake
Dorp/Stad waar jy woon:
Yzerfontein
Beroep:
Ontvangs dame
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is 'n dame van 'n klein dorpie in die weskus met groot drome. Ek neem deel aan die Sarie Voorbladgesig kompetisie omdat ek baie ander jong dames wil inspireer met my unieke storie, styl en persoonlikheid. Ek glo dat ware skoonheid kom ook van binne. Dit sal 'n platvorm wees om elke vrou te kan inspireer sodat haar selfvertroue, egtheid en passie vir die lewe kan uitstraal. Ek sien al van kleins af hoe die vroue Sarie koop by die winkels en so het dit 'n droom vir my geword om ook soos elke voorblad gesig te kan word.
Ek sal baie graag wil begin met my model loopbaan en ek weet dat ek baie kan leer van die Sarie span. Na alles waar deur ek is in my lewe, is ek reg en baie sterker om klein dame se groot drome waar te kan word. Vroue moet altyd onthou dat hulle deur die Here tot sy volle mag en unieke beeldskoonheid geskape is.
Soms kort ons net die aanmoediging om ons selfvertroue uit te straal en vir die wereld te kan wys.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Koeksister
3 woorde wat jou goed opsom:
Goedhartigheid, Opregtheid, Omgee