Annelene McCabe
Dorp/Stad waar jy woon:
Kroonstad
Beroep:
Werwing Spesialis (Recruitment Specialist)
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie se Voorbladgesig kompetisie omdat ek besluit het dat 2026 die jaar gaan wees waarin ek nie meer gaan toelaat dat my comfort zone my terughou van mooi geleenthede en nuwe journeys nie. Hierdie inskrywing is vir my baie meer as net ’n kompetisie, dit is ’n stap van geloof, genesing en om weer myself te kies.
Op 14-jarige ouderdom het ek swanger geraak met ’n tweeling. My pad het baie anders gelyk as dié van my tydgenote en dit het uitdagings gebring wat ek nooit op so ’n jong ouderdom verstaan het nie. Daar was boelie, afbrekende woorde en baie shame, maar deur alles het die Here my gedra en my herinner dat my storie nog nie klaar geskryf is nie.
Ek het my skoolloopbaan voltooi terwyl ek saam met my ma my twee seuns grootgemaak het, soggens was ek ’n skoolkind en namiddae ’n mamma. Met die liefde van familie, vriende en my “village” het die lewe weer begin ligter voel, en het ek vasgehou aan God se belofte dat Hy die planne vir my lewe ken, planne van hoop en ’n mooi toekoms.
Vandag is ek gelukkig getroud en ’n mamma van vier kinders, twee tienerseuns, ’n dogtertjie van 8 en ’n klein seuntjie van 3. My lewe is vol chaos, liefde, lag en genade.
Ek het nog nooit voorheen vir iets soos hierdie ingeskryf nie, maar hier is ek… opgewonde, dankbaar en gereed vir die journey. Hopelik kan my storie iemand anders herinner dat jou verlede nie jou waarde bepaal nie, en dat daar altyd hoop is vir ’n nuwe begin.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker!
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Aanpasbaar, Veerkragtig
