Anjé Horst

Dorp/Stad waar jy woon:

Potchefstroom

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat dit vir my oor baie meer gaan as net ‘n foto op ‘n tydskrifvoorblad. Dit gaan vir my oor selfvertroue, groei en die moed om jouself daar buite te sit, selfs wanneer dit "scary" voel. Ek dink baie jong meisies vergelyk hulself deesdae met wat hulle op sosiale media sien, en ek wil graag wys dat jy nie perfek hoef te wees om mooi, waardig of genoeg te wees nie.

Vir my is hierdie kompetisie ook ‘n manier om uit my gemaksone te klim en vir myself te bewys dat ek groter kan droom as waarvoor ek soms krediet gee. Ek wil nuwe geleenthede ontdek, nuwe mense ontmoet en myself uitdaag op maniere wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie. Ek glo ook dat ware skoonheid lê in hoe jy ander mense laat voel, jou energie en hoe eg jy as mens is.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, wat hierdie ervaring vir my ekstra spesiaal maak.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

kolwyntjie

3 woorde wat jou goed opsom:

Selfvertroue, Omgee, Pligsgetrou

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media