Anje Barkhuizen
Dorp/Stad waar jy woon:
Gqeberha
Beroep:
Onderwyser
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek glo dat elke vrou ’n storie het wat die moeite werd is om gehoor te word en ek wil myne graag deel. Ek is 25 jaar oud, ’n Drama- en Engels-onderwyseres met ’n graad in Dramatiese Kunste en Engels van die Universiteit Stellenbosch, met ’n nagraadse kwalifikasie in onderwys, en ek het onlangs my studies in digitale bemarking voltooi. Ek het al stories vertel deur film, radio en in die klaskamer, en elke rol het my geleer dat egtheid en empatie die eienskappe is wat regtig inspireer.
Wat my uniek maak is dat ek,soos baie Suid-Afrikaanse vroue, verskillende rolle volstaan, maar altyd met opregtheid. Ek is avontuurlustig, ’n maratonloper, ’n dromer en ’n deursetter. Ek het nie altyd in myself geglo nie, en dalk is dit presies hoekom ek vandag hier inskryf: om ander vroue te wys dat ons nie "buitengewoon" hoef te wees om gesien te word nie. Ons moet net onsself wees.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Katspoegie
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Lewenslustig, Vasberade