Anja Strydom

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloemfontein

Beroep:

Finansiële beplanningspesialis

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in omdat ek glo dat ’n voorblad nie net ’n gesig moet wees nie, maar ’n spieël waarin elke leser haar eie storie en menslikheid kan herken. Nadat ek op die platteland grootgeword het, het ek geleer dat mense se ware karakter dikwels in die stil, onbewuste oomblikke lê. Ek wil daardie egtheid en "relatability" na SARIE bring en wys dat ’n vrou wat die stilte van die platteland waardeer, ook die selfvertroue kan hê om op ’n nasionale voorblad te staan en ’n storie van hoop te vertel. Ek het nog nie vantevore ingeskryf nie; ek voel nou eers gereed om my weergawe van gedeelde menslikheid met Suid-Afrika te deel.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Aanklank

3 woorde wat jou goed opsom:

Standvastig, Waarnemend, Paradoks

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media