Anja Nel

Dorp/Stad waar jy woon:

Vredendal

Beroep:

Haarsalon eienaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in omdat ek glo elke gewone vrou het ’n storie wat saak maak, netso doen myne ook. As haarkapster werk ek elke dag met mense, en dit is vir my ongelooflik spesiaal om iemand nie net uiterlik mooi te laat voel nie, maar ook van binne. Ek sien eerstehands hoe ’n bietjie aandag en selfvertroue iemand se hele houding kan verander, en dit is wat my werk vir my so betekenisvol maak. Ek is nie perfek nie, maar ek is eg, en ek glo dis juis wat hierdie geleentheid so besonders maak. Dit is n kans wat ek vat om buite my gemaksone te stap, nuwe dinge te probeer en te wys dat ware skoonheid van binne af kom. Ek weet ook dit sal my as mens laat groei, dit sal my selfvertroue bou, my leer om meer in myself te glo en my help om nuwe geleenthede en mense te ontmoet. Al raak my storie net een vrou, of laat haar stil staan, haarself in ’n sagter lig sien en weer in haar eie waarde laat glo, sal dit vir my meer as genoeg wees !

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Salig

3 woorde wat jou goed opsom:

liefdevol, vasberade, onwrikbaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media