Anica van Vreden
Dorp/Stad waar jy woon:
Jeffreysbaai
Beroep:
Grafiese ontwerp
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het geleer dat ware waarde nie buite jou lê nie — dit leef binne jou. Spreuke 31:10 sê: “Haar waarde is ver bo edelgesteentes.' Ek wil daardie waarheid uitleef en uitdra. Hierdie kompetisie gaan vir my nie net oor ’n mooi foto nie — dit gaan oor die geleentheid om lig te wees vir iemand anders, om ’n stem van hoop, aanvaarding en moed te wees. Ek wil wys dat egtheid mooier is as perfeksie.
Ek glo dat elke vrou ’n unieke storie het om te vertel – en ek wil myne met trots deel.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
LEKKERRR
3 woorde wat jou goed opsom:
Dapper, Dromer, Sag