Aneshca Christians
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Bemarkingsbestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek neem weer aan hierdie kompetisie deel om myself buite my grense te druk. Met verloop van tyd het ek meer selfvertroue ontwikkel in die vrou wat ek besig is om te word, en ek wil hierdie platform gebruik om dit uit te leef.
Ek hou van die idee om deel te wees van iets betekenisvols wat die uniekheid van vroue en individualiteit vier. Hierdie geleentheid bevestig vir my dat skoonheid nie eendimensioneel is nie, en ek wil dit weerspieël deur my outentieke self te wees.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Skitterend
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Ambisieus, Passievol
