Anesca Dorfling
Dorp/Stad waar jy woon:
Benoni
Beroep:
Engelse Taal Tutor
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf vanjaar vir die eerste keer in. Ek doen dit nou omdat ek op ’n punt in my lewe is waar ek gemaklik is met wie ek is, en ek wil iets nuuts vir myself probeer. Ek hou daarvan om nuwe uitdagings aan te pak en om steeds te groei, selfs op hierdie stadium van my lewe. SARIE was nog altyd vir my ’n tydskrif wat vroue vier vir wie hulle regtig is en nie net vir hoe hulle lyk of wat hulle bereik het nie, maar vir hulle stories en wie hulle as mense is. Ek hou baie daarvan en dit is wat my geïnspireer het om deel te neem.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
My gunstelingwoord in Afrikaans is “hartsmens”. Dit beskryf vir my iemand wat regtig voel, iemand wat met sagtheid en opregtheid deur die lewe gaan en ander laat voel hulle is belangrik.
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Sorgsaam, Veerkragtig
