Aneri Rabie
Ek is ’n kreatiewe, selfversekerde en sosiale persoon met ’n groot liefde vir mode en skoonheid. Vir my is mode ’n vorm van kuns en nie net klere nie, omdat dit persoonlikheid en kreatiwiteit uitdruk. Ek geniet dit om met verskillende style te speel en myself deur mode uit te druk. Ek skryf vir die eerste keer in vir SARIE Nuwe Gesig, omdat dit vir my ’n geleentheid is om my passie vir mode en skoonheid te wys en ander te inspireer om hulself met selfvertroue uit te leef.
