Ané Nel

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Entrepreneur en gekwalifiseerde onderwyseres

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het ingeskryf vir die SARIE Voorbladgesig, omdat ek glo dat elke vrou 'n kans moet aangryp om hulle unieke skoonheid, persoonlikheid en passie met die wêreld te deel. Die SARIE tydskrif vier al vanaf 1949 vroue vir wie hulle is en die impak wat hulle op die mense in die samelewing het. Elke vrou is besonders op haar eie manier en dit moet elke dag gevier word. Om op die SARIE voorblad te wees sal vir my 'n ongelooflike eer wees. Ek wil ander vroue inspireer om dieper te delf en jou uniekheid te ontdek en te aanvaar, want jy is die moeite werd!

Die SARIE tydskrif vier vrouens met merkwaardige stories, styl, uniekheid en natuurlike skoonheid. Ek wil graag deel wees van die storie van vroue en SARIE is die perfekte platform!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Besonders

3 woorde wat jou goed opsom:

Vriendelik, Meelewend, Bereidwilligheid

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media