Anè Greeff

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

actuarial analyst

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf hierdie boodskap om my pragtige nuwe skoonsuster vir die Sarie Voerblad kompetisie in te skryf.(Sy het haar toestemming gegee) Sy sou haarself nooit inskryf nie, dit is juis een van die redes hoekom ek dit namens haar doen. Sy is só ongelooflik nederig dat sy nie eens haar eie skoonheid raaksien of besef nie.

Ek het Anè vir hierdie kompetisie ingeskryf oor haar natuurlike skoonheid, ’n skoonheid wat nie voldoen aan die wêreld se huidige “norme” nie, maar dit eerder oortref. Sy verteenwoordig vir my alles waarvoor Sarie staan: vars, eg, suiwer en inspirerend.

Sy is ’n pragtige, merkwaardige mens, ongelooflik talentvol en intelligent, met die mooiste hart. Haar skoonheid is nie net oppervlakkig nie — dit straal werklik van binne af

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Haar gunsteling woord is Pantoffel.

3 woorde wat jou goed opsom:

Vreugdevol, Sterk, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media