Anca Moolman
Dorp/Stad waar jy woon:
Kaapstad
Beroep:
Insights Analyst Lead
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek glo dat my storie ander vroue kan inspireer. Vyf maande gelede het my wêreld in ‘n oogwink verander – ek het my pa verloor én my huwelik het tot ‘n einde gekom. Ek was gebroke. Maar deur God se genade, die liefde van my twee ongelooflike kinders, en die onwrikbare ondersteuning van my hartsmense, kon ek weer op my voete kom staan.
Dis waar wat hulle sê: jy weet nie hoe sterk jy is totdat sterk wees die enigste keuse is wat jy oor het nie. In dié donker tyd het ek geleer hoe belangrik deursigtigheid is – om eerlike, oop gesprekke te hê met die mense in jou lewe. Ek het besef hoeveel mense swaar kry in stilte, laste dra wat niemand sien nie, en hul pyn in die "donkerte" probeer oorleef.
Ek wil inskryf vir SARIE Voorbladgesig om hierdie boodskap te deel: Jy hóéf nie alleen te ly nie. Ek wil ander aanmoedig om te praat, om te “pla” wanneer dit moeilik raak, en om mense toe te laat om jou draers en rigtingwysers te wees. Hierdie “lighuis-mense” wys vir jou die pad wanneer jy nie self meer kan sien nie.
Deur my eie uitdagings openlik te deel, hoop ek om ander vroue moed te gee om ook hul stories te deel. Ek wil elke vrou herinner dat sy die krag in haar het om deur moeilike tye te kom – as sy haar omring met liefde, ondersteuning en eerlike gesprekke. Ek skryf in, nie net vir myself nie, maar vir elke vrou wat voel sy is alleen – jy is nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Beeldskoon
3 woorde wat jou goed opsom:
Gelowig, Goedhartig, Nederig