Amélie van der Merwe
Dorp/Stad waar jy woon:
Nelspruit
Beroep:
Onderwys
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek graag myself wil uitdaag en iets nuuts wil aanpak wat my uit my gemaksone vat. Vir my gaan dit nie net oor mooi lyk nie, maar oor selfvertroue, groei en om trots te wees op wie jy is. Ek is in die onderwys, en dit het my geleer hoe belangrik dit is om ’n goeie voorbeeld vir ander te wees en mense met vriendelikheid en respek te behandel.
Ek is ’n gewone meisie met groot drome, en ek dink dit is belangrik dat jong vroue kan sien jy hoef nie perfek te wees om iets besonders te kan bereik nie. Ek wil graag wys dat mens steeds jouself kan wees en jou doelwitte kan nastreef sonder om voor te gee om iemand anders te wees.
Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar ek voel nou op ’n plek in my lewe waar ek meer selfvertroue het en gereed is om hierdie geleentheid aan te gryp. Ek sien dit as ’n kans om te groei, nuwe mense te ontmoet en iets van myself te ontdek wat ek dalk nog nie voorheen raakgesien het nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
My gunsteling Afrikaanse woord is “menswaardig”, omdat dit my herinner om altyd met respek, sagtheid en vriendelikheid teenoor ander op te tree — iets wat vir my baie belangrik is, veral omdat ek onderwys swot.
3 woorde wat jou goed opsom:
Hartsmens, Doelgerig, Eg
