Amelie Pienaar

Dorp/Stad waar jy woon:

KuGompo

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

“Hoekom nie?! Dink net hoe cool dit sal wees om dit eendag vir my kleinkinders te kan wys.” Dit was my eerste reaksie. Ek giggel steeds soos ek hierdie skryf, want daar is baie spontane dinge wat ek al in my lewe aangevang het, maar hierdie is beslis nie een wat ek ooit sou raai nie.

Die ding is, my 24ste verjaarsdag is net ’n week weg en ek het gevoel ek moet nog iets effens radikaal doen voordat ek 23 afsluit. Toe ek vir die mooie Marleé op die Sarie-tydskrif bo-op my ma se bed sien, was dit amper asof sy my betower het om die woorde #DisJouJaar raak te sien, en ek het dit half as ’n teken gevat.

Maar op ’n ernstiger noot, hoe meer ek daaroor gedink het, hoe meer het ek besef dat hierdie dalk die geleentheid is waarvoor ek lank gewag het; ’n kans om iets wat so diep deel van my is, met Suid-Afrika te deel.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

pantoffel

3 woorde wat jou goed opsom:

Lewenslustig, Nuuskierig, Sentimenteel

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media