Alyssa De Vittorio
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Ek is ‘n voltydse student én die eienaar van my eie promosie-agentskap, wat ek self bestuur.
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo my storie kan hoop en inspirasie bring. Ek is ’n voltydse student en het op 18 my eie promosie-agentskap begin, nadat ek al van 16 af gewerk het met ’n droom in my hart. Ek het klein begin, met baie onsekerheid, maar vandag begin ek besef hoe een kans jou hele pad kan verander.
Deur my werk het ek ongelooflike mense van verskillende agtergronde ontmoet wat my geïnspireer het — en dit het my passie versterk om ook ander te inspireer. As julle my sou leer ken, sou julle sien dat alles wat ek doen, uit ’n diep liefde vir mense kom. Ek glo in die waarde van opregte inspirasie, in betekenis, en in die krag van ‘wat as…?’
Ek skryf in omdat ek hoop dat my storie iemand anders sal aanmoedig om in hulself te glo en daardie eerste stap te neem — al is dit klein.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Droomkrag: Want drome is mooi, maar sonder krag gebeur niks.
3 woorde wat jou goed opsom:
Vuurhartig – Ek’s passievol, aanhoudend en gee alles met my hele hart., Mensewys – Ek voel mense aan. Ek luister, verstaan en wil altyd inspireer of help., Aanpakker – Ek wag nie vir dinge om te gebeur nie – ek maak dit gebeur. Ek droom, beplan en doen.