Alyssa de Ponte

Dorp/Stad waar jy woon:

George

Beroep:

Fisioterapeut

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE voorbladgesig omdat ek hoop my storie kan 'n verskil in ander jong vrouens se lewens maak. As mens deur moeilike tye gaan kan mens nie verstaan hoekom nie. Jy voel alleen en vasgevang. Maar my storie is 'n storie van hoop en genesing. In hierdie wereld van vrou wees vergelyk ons onsself met ander. Ons wil altyd mooier, kleiner, slimmer of ryker wees, want kyk na die mense rondom ons. Maar hoe mooi sou hierdie wereld wees as ons mekaar kon vier vir ons uniekheid. Elke vrou besit 'n unieke skoonheid en verdien om goed genoeg te voel, en dis ons werk as vrouens om mekaar so te laat voel. Ek dink SARIE voorbladgesig gee vrouens die geleentheid om die mooi in hulleself raak te sien en te groei in selfvertroue deur in te skryf. Dit vier vrouens se uniekheid en skoonheid. God het ons elkeen uniek geskape, en ons moet voluit leef en geniet hoe Hy ons gemaak het.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Jolig

3 woorde wat jou goed opsom:

Konstant, Lojaal, Vreugdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media