Alandre Pretorius
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Teologie student aan die Universiteit van Stellenbosch
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het op nuwejaarsdag 2026 'n volle 21 jaar oud geword saam met my twee boeties -ons is 'n drieling- en net daar en dan het ek besluit dat ek die heel beste van die groot "21-jarige ouderdom" wil maak. Familie en vriende skop altyd so groot bohaai op oor die 21ste-verjaarsdag vieringe op die dag self, maar wat van die ander 364 dae van 21 wees? Ek poog om regdeur my 21ste lewensjaar alles aan te pak wat my juis bang maak en soveel as moontlik nuwe dinge te leer en ervaar van myself en van die wonderlike lewe rondom my. Ek wil dit die beste jaar van my lewe maak! AL 365 dae daarvan. Een van die dinge op my lysie van 21 wees -die beste jaar nog- is om weer in te skryf vir die Sarie-voorbladgesig kompetisie. Ek het in 2022 ook ingeskryf vir die Nuwe Gesig-afdeling en dit was vir my 'n baie besonderse reis -een waarvan ek definintief weer 'n passasier sal wil wees! Toe ek die hutsmerk, #Disjoujaar, op Sarie se sosiale media platforms raakgelees het, het dit my dadelik laat dink my eie #21-slagspreuk…"maak dit die beste jaar van jou lewe!". Ek het dadelik geweet ek wil weer op die Sarie-reis klim, die keer as 'n passasier met meer opwinding, lewenslus, motivering en natuurlik my kamera en notaboek -om elke kosbare oomblik vas te vang!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Paddastoel
3 woorde wat jou goed opsom:
God-vresend, Vreugdevol, Kreatief
