Cara van Heerden
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Entrepreneur en kreatiewe leefstyl- en eiendomsadviseur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wou nog altyd inskryf, maar die tyd het nooit heeltemal reg gevoel nie. Hierdie jaar voel anders. Ek is 38 en besef al hoe meer hoe belangrik dit is om geleenthede aan te gryp en nie toe te laat dat ouderdom of onsekerheid mens terughou nie.
Ek het drie klein dogtertjies wat na my opkyk, en ek wil graag vir hulle wys dat ’n vrou nooit moet ophou droom, groei of in haarself glo nie – selfs nie ná die uitdagings, verantwoordelikhede en seisoene van die lewe nie.
Vir my gaan hierdie inskrywing nie net oor uiterlike skoonheid nie, maar oor selfrespek, selfvertroue en die moed om steeds voluit te leef. Ek hoop my dogters sal eendag onthou dat hulle mamma nie bang was om nuwe dinge aan te pak nie, en dat dit nooit te laat is om jouself weer raak te sien nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Geborgenheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Gegrond, Dromer
