Carla Hoffmann
Dorp/Stad waar jy woon:
Somerset Wes
Beroep:
E-commerce Besigheids Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat die SARIE nog altyd ‘n huishous naam was in my ouma se huis. Dis nie net ‘n tydskrif nie dit verteenwoordig van die mees waardevolle oomblike tussen my en my ouma.
‘n Oomblik van kalmte na ‘n rowwe dag wat ek en sy op haar bed gesit het, sy sou al die interessante punte vir my uitwys en ons sal altyd oor die nuwe mode gure gepraat het. Veral die seisoen kleure in mode. So tussen deur die geheime wat ons saam oor gelag en giggel het. Soms deur trane en soms deur swaar harte. Maar die SARIE was in ons hande.
Sy sê tot vandag toe tydskrifte en die radio is haar universiteit, en daardeur het ek baie geleer oor reputasie en haar klassieke grasieuse styl waaroor mense sal praat al het hulle haar nog net 1 keer ontmoet. SARIE het ‘n groot rol gespeel daarin.
My ouma is die definisie van klas en elegansie, ‘n vrou van wie daar met respek gepraat word nadat sy ‘n kamer verlaat het. En om te sien hoe mense haar admireer in styl en vriendelikheid het die aspererende vrou in my gevorm.
SARIE was nog altyd deel van ons geselsies, lesse en herinderinge.
Maar nou dat ons nie meer so naby aan mekaar bly nie, vind ek myself in ‘n diep nostalgie soos wat ek inskryf vir die kompetisie.
SARIE is diep in my en my ouma se verhouding geweef en dit het bygedra tot ‘n baie unieke en speciale band tussen my en my ouma, wat vir ewig ‘n herindering sal bly by my.
Dit sal ‘n huldeblyk wees vir die band wat ek en my ouma deel om te kan wen.
Die is die eerste keer wat ek inskryf vir SARIE Voorbladgesig.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Onvoorwaardelik
3 woorde wat jou goed opsom:
Behulpsaam, Humoristies, Vreugtevol
