Leyla Van Greuning

Dorp/Stad waar jy woon:

Johannesburg

Beroep:

Rekeningbestuurder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Elke keer as ons vir my ouma in Potchefstroom gaan kuier het, het ek altyd die nuutste uitgawe van die SARIE op haar "stasie" sien lê, tussen die wol en breinaalde. Ek het gereeld deur die tydskrif geblaai en die fotos, mode, resepte, skoonheid, leefstyl-artikels en dekor bewonder wat daarin gewys is. Wat altyd vir my uitgestaan het, was die vroue op die voorblad. Die vrouens was, en is steeds, relatief en eg Suid-Afrikaanse vroue, van bekendes en rolmodelle tot daaglikse lesers. Boonop is al die die vroue wat op die voorblaaie verskyn het, modern, inspirerend en uiteenlopend, wat wys dat skoonheid en deursettingsvermoë in alle vorme voorkom.

Ek glo nie daaraan om ’n droom te laat gaan nie omdat dit nog nie gebeur het nie, en dit is presies hoekom ek terug is. Ek het voorheen ingeskryf omdat dit nog altyd my droom was om op die voorblad van die SARIE tydskrif te verskyn. ’n Tydskrif wat die krag en leierskap van vroue vier, eienskappe wat ek glo ek self ook uitleef. Nadat ek deur 'n paar moeilike seisoene is, het ek geleer hoe om vir myself aan te moedig en in myself te glo.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Asemrowend

3 woorde wat jou goed opsom:

Optimisties, Veerkragtig, Betroubaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media