Karien Niemand
Dorp/Stad waar jy woon:
Somerset West
Beroep:
Uitvoerende Assistent
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek word Augustus hierdie jaar 44 en het besluit; hierdie nuwe lewensjaar is die begin van die volgende groeifase van my lewe. Hierdie inskrywing is doelgerig, om vir myself te bewys dat ek vreesloos is en my menswees ten volle kan blootstel, sonder oordeel. Om die voorreg gegun te word, deur gekies te word as die Sarie voorbladgesig 2026, is topklas, maar, alhoewel teenstrydig, is hierdie inskrywing opsigself vir my van ontskatbare waarde. Heel toevallig skakel dit mooi in by #DisJouJaar!
Ek het nog nooit deelgeneem of ingeskryf vir so iets nie. Hierdie inskrywing deel ek met niemand. Wanneer ek op die voorblad verskyn, sal ek die Sarie koop en vir my Ma neem. Ek sal spesiaal vlieg vannuit die Kaap tot in Kempton Park, met 'n Sarie en my liefste Mamma verras.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Daar is baie, maar nou kies ek die woord 'pikant'
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Betroubaar, Gedrewe
