Milïsha Gantz
Dorp/Stad waar jy woon:
Kuilsrivier
Beroep:
Interior Architectural Ontwerp Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
My rolmodel is my ma, wat in 2012 ’n Top 10-finalis vir SARIE Voorbladgesig was. Deur haar ongelooflike ervaring het sy my van kleins af die belangrikste les vir enige jong dame geleer, om jouself lief te hê. Om altyd met vriendelikheid op te tree, met selfvertroue te glimlag en jou uniekheid met trots uit te leef.
Sy is die rede waarom ek vandag die persoon is wat ek is, en ek sal altyd dankbaar wees vir die waardes waarmee sy my grootgemaak het.
Op 11-jarige ouderdom het ek ’n aanhaling ontdek wat ek vandag nog met my saamdra: “Be your own kind of beautiful.” Daardie woorde het my geleer dat ware skoonheid daarin lê om eg jouself te wees.
Vir die eerste keer skryf ek vir SARIE Nuwegesig in om jong Milisha trots te maak, om vir haar te wys dat sy gegroei het in haar eie soort mooi, met selfvertroue, grasie en trots in wie sy is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Familie
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Bedagsaam, Ambisieus
