Gizelle Stapelberg
Ek neem aan die SARIE Nuwe Gesig-kompetisie deel omdat ek glo ware skoonheid lê nie net in hoe jy lyk nie, maar in hoe jy ander laat voel. Ek wil ’n jong stem wees wat wys dat selfvertroue, egtheid en passie steeds krag het in ’n wêreld vol filters en vergelyking. Hierdie is my eerste keer wat ek inskryf vir die SARIE Nuwe Gesig.
