Nadine Burger

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

projekkoördineerder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ja, ek het al voorheen vir SARIE Voorbladgesig ingeskryf, en dit het my eintlik net meer gemotiveer om weer te probeer. Dit was vir my ’n baie spesiale ervaring wat my selfvertroue gegee het en my laat besef het hoe belangrik dit is om jouself daar buite te sit. Ek skryf weer in omdat ek graag ander jong vroue wil inspireer om hulself met trots en egtheid te aanvaar, en omdat ek glo dat hierdie platform meer is as net uiterlike skoonheid , dit gaan ook oor persoonlikheid, groei en wie jy as mens is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

“Saamhorigheid” ,omdat dit vir my die mooi gevoel van mense wat bymekaar staan, mekaar ondersteun en werklik omgee, perfek beskryf. Dis ’n woord wat warmte, liefde en verbondenheid vasvang, en ek dink dit sê baie oor die hart van Afrikaans en ons kultuur.

3 woorde wat jou goed opsom:

Dankbaar, Eg, Wêreldwys

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media