Zay-Dee Mentoor

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Prokureur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Dit is my eerste keer dat ek aan hierdie kompetisie deelneem. Dit is wel nie my eerste interaksie met SARIE Tydskrif nie. In 2021 het ek die geleentheid gehad om 'n artikel te skryf wat gepubliseer was in die SARIE Tydskrif. Dit was 'n groot eer en voorreg!

Ek neem deel omdat ek glo dat ek die kwaliteite besit om die volgende voorbladmeisie te wees. Ek is hardwerkend, passievol en altyd gereed om myself uit te daag deur uit my gemaksone te tree en myself daar buite te sit.

Ek het nog altyd daarvan gehou om voor die kamera te wees en myself kreatief uit te druk — dit is iets wat ek opreg geniet. Boonop hou hierdie tydskrif vir my ’n spesiale nostalgiese betekenis in. Tydens my grootgewordjare het ek gesien hoe my ma en ouma elke maand gretig wag vir die nuutste uitgawe, en om deel te wees van iets wat soveel vir hulle beteken het, sal vir my ongelooflik spesiaal wees.

Die belangrikste is dat ek elke dame wil inspireer om in haarself te glo en te weet dat enigiets moontlik is wanneer jy bereid is om ’n sprong van geloof te neem, hard te werk en jou absolute beste te gee. Ek hoop om ’n herinnering te wees dat drome die moeite werd is om na te jaag, ongeag jou omstandighede.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Fantasties!

3 woorde wat jou goed opsom:

Dinamies, Waardegedrewe, Onbevrees

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media