Megan Prinsloo
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek glo dat elke mens se storie iets besonders bring — en myne het nou slegs begin. Ek is 22 jaar oud en ’n student, maar in my jong lewe het ek reeds baie ervarings gehad wat my gevorm het tot iemand wat nuuskierig, avontuurlustig en oop is vir alles wat die lewe bied.
Ek geniet dit om nuwe dinge te verken, mense te ontmoet en myself uit my gemaksone te druk. Vir my gaan die lewe oor groei, pret hê en om elke uitdaging ten volle aan te pak. Ek glo ook dat ware skoonheid daarin lê om vol selfvertroue te wees en in jouself te glo.
SARIE verteenwoordig vir my moderne vroue wat sterk, uniek en eg is — en dit is presies hoe ek myself sien. Ek wil graag deel wees van iets inspirerend en wys dat jy nie perfek hoef te wees om ’n verskil te maak nie – wees net jouself.
Die volle waarheid… my ma het gesê ek moet…en sy sal vir my 'n cool broek koop as ek dit doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Uit 'n ryk taal soos Afrikaans, is dit onmoontlik om slegs een woord te kies. As ek regtig moet kies – vreesloos.
3 woorde wat jou goed opsom:
Goedhartig, Vasberade, Ondersoekend
