Ané van Rensburg

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Lugwaardin

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat dit nog altyd ’n groot droom van my was. Van kleins af het ek opgekyk na sterk, elegante vroue wat met selfvertroue hul plek in die wêreld inneem, en ek droom daarvan om dieselfde inspirasie vir ander te wees.

Vir my gaan hierdie geleentheid oor meer as net ’n foto op ’n voorblad, dit gaan daaroor om myself uit te daag, uit my gemaksone te tree en te groei as mens en as vrou.

Ek wil graag ander vroue inspireer om in hulself te glo, ongeag hul verlede of waar hulle vandaan kom. Ek glo dat elke vrou die vermoë het om suksesvol te wees en haar drome te bereik wanneer sy met selfvertroue, deursettingsvermoë en trots haar eie pad stap.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, daarom maak dit hierdie ervaring vir my nóg meer spesiaal.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Koester

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Opreg, Lojaal

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media