Samantha Herbst
Dorp/Stad waar jy woon:
Kathu
Beroep:
Metallurg
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het al drie keer ingeskryf, en hierdie is die vierde keer. Elke jaar wat ek ingeskryf het, was in ’n jaar waarin ’n groot mylpaal gebeur het — toe ek my graad gekry het, verloof geraak het, getrou het, en nou ná die geboorte van my tweede seuntjie, skryf ek weer in.
Wat hierdie keer vir my anders maak, is dat ek vir die eerste keer voel of ek werklik verstaan wat dit beteken om vrou te wees. Vrou-wees word nie bepaal deur ’n mylpaal of ’n prestasie nie. Dis ook nie ’n “tick-box”-aktiwiteit of iets wat met iemand anders s’n vergelyk kan word nie.
Vrou-wees is ’n lewenslange reis — een wat noukeurig deur Yahweh beplan en uitgelê word. Dis die samekoms van jou hele lewe se ervarings, goed én sleg, en die tipe reis wat nooit regtig ophou tot die dag wat ons aardse reis tot ’n einde kom en ons by Abba se voete gaan rus nie. Ons aardse reis bring alles bymekaar om ons te vorm tot die vrou wat Vader vir Sy Koninkryk beplan het, en ek wil graag daardie boodskap met ander vroue deel.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Karnallie
3 woorde wat jou goed opsom:
Sagmoedig, Geanker, Vreugdevol
