Annette van Onselen
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Senior lektor en dieetkundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het hierdie jaar die kans gekry om weer die wonderlikheid en genade van die lewe te besef. Dit maak nie saak of jy jonk of oud is nie, jy kan nog steeds jou drome najaag. Ek is op 26 weke gebore en het op drie maande self begin asemhaal en het vroeg in my lewe besef dat elke dag 'n geskenk van Bo is. Ek het my PhD in Dieetkunde verwerf en leef my passie uit om gemeenskappe te help met hul voedingsinname deur navorsing en gemeenskapsuitreiking. Ek leef my drome uit deur kunsklasse by te woon. My vriendinne beskryf my as 'n warm omgee positiewe mens wat altyd iets het om te gee en dat ek altyd glimlag.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Voluit
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgee, Positief, Kalm
